Wed10172018

Last update08:00:00 PM GMT

04 Apr 2016

Reen word verwag oor sekere dele van die land.

Die rand is swakker teen die Amerikaanse dollar te midde van kommer oor die land se ekonomiese- en politieke vooruitsigte.

Die rand het vroeër vanoggend teen 14-rand-76 teen die dollar verhandel, nadat dit Vrydag teen sluitingstyd hoër verhandel het op 14-rand-60. Dit was die rand se sterkste vertoning sedert vroeg Desember.

Weens een van die ergste droogtes in dekades moes Weskusboere in Suid Afrika hul kuddes verminder en word veevoer ten duurste aangekoop.

Die veevoerskenkings tot dusver was baie welkom, maar in die groter prentjie is dit nog klein.




Die Weskus van Suid Afrika is in Februarie deur die nasionale regering as ’n droogterampgebied geklassifiseer, maar nie tot een verklaar nie.

Dit beteken landbouers geraak deur die droogte kan steeds nie om regeringshulp aansoek doen nie.

Die Wes-Kaapse regering het R11 miljoen bewillig om opkomende boere by te staan, maar befondsing vanaf die nasionale regering is nodig om groter boerderye, wat so noodsaaklik is vir werksgeleenthede, voedselsekuriteit en kospryse vir die armes.

Talle Suid-Afrikaanse boere het verlede week en voorheen reënverligting gekry na die knellende droogte maar in groot dele van die Westelike somersaaigebied  het dit net verder verdiep. Bultfontein in die Vrystaat is een van die distrikte waar toestande net verder verswak het.

Die gebied se gemiddelde reënval is sowat 450mm per jaar, waarvan teen middel Maart hier nog net 57mm aangeteken was. Die sand is hart en droog em allerhande bossies , wat nooit voorheen daar voorgekom het nie, vertoon groen  nadat dit die vorige week 25mm daar gereën het.  Goeie koringaanplantings is in die verlede al gedoen in die distrike en as dit nie binnekort reen nie kan koring dalk ook nie aangeplant word nie.

Grond in die distrik asook Hoopstad en Wesselsbron  is al verkoop vir tussne R35,000 en R65,000 per hektaar, terwyl die produksiewaarde verlede jaar nie meer R18000 per hektaar was nie.

Zuma het oor die droogte gesê dat al die regeringsfere daartoe verbind is om bykomende droogtehulp te verskaf aan gebiede wat die ergste geraak word. Hy het op griewe van gemeenskapslede in die Uthungulu-distriksmunisipaliteit gereageer. Hy het die gebied besoek ná 'n pleidooi van die gemeenskap dat die regering ingryp by sy gebrekkige watervoorsiening. Die munisipaliteit maak onder meer staat op meer as 200 kleinskaalse waterskemas, wat van boorgate en spruite afhanklik is. 'n Groot aantal van dié bronne is weens die droogte uitgeput.

Heelwat kolle reën en storms oor die Noord-Kaap, Groblershoop staan op 31mm en Volop is so in die omgewing van 20mm. Verder suid is daar ook kolle lekker reën oor die Ooskaapse Binneland en redelike verspreiding van reën oor die Suid-Vrystaat, daar ‘n kans dat dit ooswaarts kan uitbrei. Met al die vog en reën is daar nie juis ‘n kans vir ryp nie. Die koue front wes van die Kaap is weer kragloos, daar is min tot baie min koue lug agter die koue front, en sonder koue lug weet ons al teen die tyd dat dit dan sukkel om te reën in die Kaap. Dit reen reeds in Kuruman in die Noord Kaap.

Die reën is nou wel laat vir aanplantings wat gedoen is maar nou moet dit nog reën, daar is darem nog ‘n week of twee se groei oor. Na so ‘n reënstelsel deur beweeg en dit word mooiweer is dit geneig om koud te word en dit beteken ryp is nie heeltemal so ver weg nie.

Kom ons hoop dit reen oor groot dele van die land.

Nuusoorsig.




Last modified on Tuesday, 05 April 2016 07:12
Login to post comments