Wed10172018

Last update08:00:00 PM GMT

Afrikaans Landbou
09 Sep 2018
Die volledige berigte is op AGRI NEWS NET-  Hierdie is net die hooftrekke- AGRI NEWS NET- Die wereld van Landbou in jou hand , elke dag van Maandag tot Sondag bring ons jou die goeie Nuus in Landbou.

Wyn is die "ultimate stress reliever" vir baie vrouens- of hulle nou gewig aan sit of nie- en of die "tjoeppie" om die lyf nou groter word- pla hulle nie- maar dalk moet jy dit oorwweeg om skaak te speel met wyn- dink net elke keer as jy jou slag slaan- drink jy 'n hele glasie wyn.

Volgens die jongste statistieke is Suid Afrika "Tegnies" in 'n resessie- groot woorde van hoogs geleerde ekonome- In Suid Afrika gebeur goed baie stadig, veral in die Regering en Korporatiewe wereld- en daarom is die kanse dat die resessie reeds verby is, baie goed.

Die gure weerstoestande oor groor dele van die Oos-Kaap sal na verwagting môremiddag begin opklaar. Sneeu het groot verkeersontwrigtings veroorsaak nadat twee bergpasse in die Oos-Kaap vroeër gesluit is.

Wanneer jy 'n landbouer in murg en been is, en jare se ervaring van die natuur en sy manier het, dan is jy rustig, raak jy nie opgewonde nie en glo jy tot die bitter einde dat dit sal reen op sy tyd. Die vraag is- wat moes jy leer in die tyd wat jy mismoedig geraak het en dalk getwyfel het.

Toyota se Fortuner is een van die top 10 verkopers in Suid Afrika met 'n prys van R465000- Volkswagen Polo teen R209,000 is die topverkoper. Kia Picanto is ook een van die 10 met 'n prys van R139,000. Ford se Figo met 'n prys van R181,000 staan nie ver agter nie.

As jy dalk in die besit is van "facebook" se aandele- dan is dit dalk die tyd om weer daarna te kyk. Die eens gewilde wonderwerk is besig om derduisende mense daagliks te verloor en die mees belangrikste rede is dalk die veiligheid en die feit dat tegnologie verouderd raak.

Dit is koud en renerig oor groot dele van die Suid, Wes en Oos Kaap, asook Kwa-zulu Natal. Heerlike pannekoek weer - met 'n heelike koppie koffie. Maar as dit te koud is- dan drink jy 'n heerlike OBS- as hy goed is- is voete heel eerste warm.

Suid Afrika- Dit het die afgelope 48 uur heerlik gereen oor groot dele van die Wes en Oos- Kaap en nog reen word voorspel. Op talle plekke is die wereld toegetrek onder 'n wit sneeu kombers en dit is ysig koud. Tsitsikamma het al meer as 100 mm reen gehad. die Langkloof het 90 mm reën gehad.

Die wolmark het vandeesweek weereens uitstekend presteer en tydens die derde veiling van die nuwe wolleweringseisoen het die Cape Wools Merino-aanwyser met ’n indrukwekkende 6,6% en 1 573 punte gestyg, om op ’n waarde van R253,82/kg vir skoonwol te sluit.

Die veelsproke Artikel 25 van Suid Afrika se grondwet, word wyd en suid aangehaal en bespreek- baie min mense wat daaroor praat weet werklik wat dit beteken, maar daar is baie meer daar in as net om dit te verander en dan sommer grond oor te neem. Hier is die wet soos dit tans staan.

Die suiwelbedryf het in Julie 2018, net soos in Junie 2018, ’n sterk uitvoermaand beleef. Die totale uitvoere vir die maand beloop 13 500 ton en die randwaarde daarvan is R239 miljoen.

Die bank- en sakesektore sal vandag mondelinge voorleggings doen aan die Parlement se Grondwethersieningskomitee. Die Bankvereniging van Suid-Afrika, Besigheidseenheid Suid-Afrika, Nedbank, die Regshulpbronne- sentrum en die John Langalibalele Dube-instituut sal voorleggings doen.

Suid Afrika - Boere van oor die hele land wat lede van Agri SA is, sal die vergadering met senior lede van die ANC bywoon, asook met pres. Cyril Ramaphosa en adj.pres. David Mabuza. Na verneem word sal Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, ook daar wees.

Mag en gulsigheid het sogenaamde groot sakemanne en politieke leiers met al hulle grootman praatjies al baie gekos. Suid Afrika se politieke leiers is bekend daarvoor dat hulle net kan praat en delegeer en baie min van hulle se grootman praatjies het al sukses opgelewer.

Dr.Ruth Hall,senior navorser van die instituut vir armoede-, grond- en landboustudies, het gesê om bloot die Grondwet te verander, is nie ’n oplossing nie. Dit is omdat die Regering die afgelope 22 jaar reeds by magte was om onteiening toe te pas, maar besluit het om nie daardie roete te volg nie.

Die Afrikanerbond het die Parlement gevra om nie die waarde van landbougrond in privaatbesit te verwoes deur artikel 25 van die Grondwet te wysig om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding nie.

Die regering sê hy sal nie huiwer om in te gryp indien dit nodig is om die impak van brandstofpryse op motoriste en verbruikers te versag nie.

Die rand het reeds tot R15,33 teenoor die dollar verswak, en oliepryse is weer bo $78 per vat. Die reeds hoë brandstofprysekalwe weg aan die winsgrense op landbouprodukte, met byna 80% van graan wat per pad vervoer word.

Die karkasse van 90 olifante is die afgelope twee maande in Botswana gevind. Al die olifante se tande is afgesaag. Die omgewingsdrukgroep Olifante Sonder Grense sê dit is een van die ergste massaslagtings van olifante nog in Afrika.

NB- Laai vandag jou weergawe van AGRI NEWS NET af op jou slimfoon- Uniek, professioneel, netjies en altyd op tyd bring on jou die wereld se landbou nuus in jou hand. 24/7- Elke dag plaas ons tussen 30 en 40 nuwe landbou stories.

Ons het geen eksklusiewe berigte nie, geen maandelikse subskripsie gelde- geen Kommentare of deel opsies nie. Geen Gebruikerskodes of privaat kodes nie.  Ons deel net goeie opbouende nuus. 

Landbou is deel van die samelewing en Landbou verskaf kos aan Afrika en sy mense- daarom deel ons alles .

Kyk uit vir ons Bemarkingspan wat weekliks deur die land beweeg.

Ons nuwe media word binnekort vrygestel. Met 3 mediums in Landbou wat is daar geen medium wat jou die dekking kan gee nie.

AGRI NEWS NET- Onafhanklik  24/7 gee ons jou die nuus van Landbou van oral in die Wereld .  Geen medium in Landbou gee jou soveel dekking as Farmingportal.co.za en AGRI NEWS NET- ons nuus is vars, geen ou nuus, - Vars elke dag in jou hand. 

Elke oggend dou voor dag is ons besig om net die beste en goeie nuus te oes.
. nuus van jy kan vertrou..

02 Sep 2018
Die volledige berigte is op AGRI NEWS NET-  Hierdie is net die hooftrekke- AGRI NEWS NET- Die wereld van Landbou in jou hand , elke dag van Maandag tot Sondag bring ons jou die goeie Nuus in Landbou.

Die ekonomie sal nie weer herstel solank as wat die ANC aanhou om met sy sosialitiese en kommunistiese politieke en ekonomiese stelsels die ekonomiese potensiaal en die skep van welvaart te vernietig nie,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom.

Brink het reageer op die negatiewe groeikoers wat vandag vir die tweede kwartaal bekendgemaak is en daarop dui dat die land nou weer ‘n tegniese resessie beleef.

Die Suid-Afrikaanse landbousektor bied steeds talle beleggingsgeleenthede, ten spyte daarvan dat dié bedryf die wind van voor kry vanweë aspekte soos beleidsonsekerheid en droogte in dele van die land.

Graan Suid-Afrika sê titelaktes sal opkomende boere in staat stel om finansiering te kry deur hulle grond as waarborg aan te bied. Die bestuurshoof, Jannie de Villiers het 'n mondelinge voorlegging voor die parlement se Grondwethersieningskomitee gedoen.

Mnr.Koos Jooste van Hoopstad die Vrystaat van Suid Afrika het in die sewentiger jare op een slag 50 Ford 5000 trekkers gekoop. Dit moes 'n merkwaardige dag gewees het toe al die trekkers in Hoopstad se hoofstraat gestaan het en word nou nog onthou deur baie mense. ( Lees die volle berig op AGRI NEWS NET)

DIRKIE- die bekende buisie met die heerlikste kondensmelk kom al vir jare saam met Suid Afrika se kinders. In die laat tagtigerjare het NCD met die vervaardiging hiervan begin en dit was een van die gewildste bestandele in 'n kind se kospakkie- Nie gesond nie, maar die kinders het energie gehad.

Verkope van Pinotage in Suid-Afrika het die afgelope vyf jaar met 73% toegeneem. Ten spyte van die droogte en druk wat die wynbedryf ervaar, het die aanplantings van Pinotage-wingerd toeneem.

Agri SA sê een van die belangrikste punte wat tydens die afgelope week se besprekings met Suid-Afrika se vernaamste handels- en beleggingsvennote na vore gekom het, is dat Suid-Afrika se ekonomiese vennote bekommerd is oor onteiening sonder vergoeding.

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) is bekommerd oor die negatiewe uitwerking wat die skerp daling in produsentepryse sedert Maart vanjaar op die volhoubaarheid van melkproduksie kan hê.

Suid Afrika -VRUGTE Pere R 5,86 / kg Suurlemoen R 6,40 / kg Avokado R 8,54 / kg Appels R 7,15 / kg Lemoen R 3,26 / kgPiesangs R 5,25 / kg GROENTE Spinasie R 2,94 / kg Kool R 2,12 / kg Uie R 4,19 / kg Wortels R 3,63 / kg Tamaties R 5,55 / kgAartappels R 30,42 / 10 kg

Die eerste Nampo Kaap word van 12 tot 14 September by Bredasdorp-park op dié Overbergse dorp aangebied. Dié besluit is geneem na aanleiding van ’n versoek van Bredasdorp Park NPC (’n organisasie sonder winsoogmerk) dat Graan SA ’n vennootskap met hulle in dié verband sluit.

Senwes se agri-finansieringsbestuurders, heelwerktuigbemarkers, graanverkrygers, area bestuurders, takbestuurders, landbou besigheid bestuurders en ondersteuningspersoneel vat bietjie tyd af om vir ons klante oor die volgende paar weke dankie te sê in die vorm van ‘n wenakkerbraai op hul plase.

Dit is 'n absolute skande dat Suid Afrikaners daagliks uitgebuit word deur sekere mense wat werksaam is in die regte- prokureers en Advokate- Mediese dienste- Dokters, Spesialiste, Tandartse, Chiropraktisyns ens-en daarby saam Finansies- Boekhouers en Rekenmeesters.

Agri News Net ondersteun die voortbestaan van Familie boerdery. Baie boerderye word as familie-ondernemings bedryf en hierdie familieboerderye vorm die grondslag van die landbousektor. Vir 300 jaar kom Familie boerdery al in Suid Afrika.

Suid Afrika -Grondvogvlakke is tans oor groot dele van die somerreëngebiede die hoogste in die afgelope ses tot sewe jaar. As dit in Augustus en September goed reën, is dit gewoonlik ’n redelike aanduiding van swak reën die res van die seisoen

Suid-Afrikaanse droogdruifproduksie groei teen ‘n bestendige tempo met produksievolumes vir 2018 wat met 6% sal groei teenoor die vorige jaar. Dit beteken dat die 70 000 ton merk vir rosyne die eerste keer oorkry is, terwyl daar wêreldwyd ‘n vraag na rosyne van goeie gehalte bestaan.

Verskeie Supermarkte in Suid Afrika het reeds bekendgemaak dat hulle reeds van hulle groente en vrugte kry by kleinboere wat naby aan hulle verspreidingspunte is. Dis is baie goed om die boere te ondersteun en hulle produkte aan te koop.

Slegs sowat 12% van vrag in Suid-Afrika per spoor vervoer en 88% per pad, terwyl dit eintlik andersom behoort te wees. 80% tot 90% van graanvervoer behoort per spoor te geskied. Vervoer per spoor van Bultfontein na Robertson kos R127,55/ton kos, vergeleke met sowat R242/ton per pad.

NB- Laai vandag jou weergawe van AGRI NEWS NET af op jou slimfoon- Uniek, professioneel, netjies en altyd op tyd bring on jou die wereld se landbou nuus in jou hand. 24/7- Elke dag plaas ons tussen 30 en 40 nuwe landbou stories.

Ons het geen eksklusiewe berigte nie, geen maandelikse subskripsie gelde- geen Kommentare of deel opsies nie. Geen Gebruikerskodes of privaat kodes nie.  Ons deel net goeie opbouende nuus. 

Landbou is deel van die samelewing en Landbou verskaf kos aan Afrika en sy mense- daarom deel ons alles .

Kyk uit vir ons Bemarkingspan wat weekliks deur die land beweeg.

Ons nuwe media word binnekort vrygestel. Met 3 mediums in Landbou wat is daar geen medium wat jou die dekking kan gee nie.

AGRI NEWS NET- Onafhanklik  24/7 gee ons jou die nuus van Landbou van oral in die Wereld .  Geen medium in Landbou gee jou soveel dekking as Farmingportal.co.za en AGRI NEWS NET- ons nuus is vars, geen ou nuus, - Vars elke dag in jou hand. 

Elke oggend dou voor dag is ons besig om net die beste en goeie nuus te oes.
. nuus van jy kan vertrou..

Dit is 'n absolute skande dat Suid Afrikaners daagliks uitgebuit word deur sekere mense wat werksaam is in die regte- prokureers en Advokate- Mediese dienste- Dokters, Spesialiste, Tandartse, Chiropraktisyns ens-en daarby saam Finansies- Boekhouers en Rekenmeesters.
29 Aug 2018
Die volledige berigte is op AGRI NEWS NET-  Hierdie is net die hooftrekke- AGRI NEWS NET- Die wereld van Landbou in jou hand , elke dag van Maandag tot Sondag bring ons jou die goeie Nuus in Landbou.

Suid Afrika -'n Groot landbou-indaba waaraan ’n diverse groep boere, landboumaatskappye én die regering sal deelneem, word vir November beplan. Dit lyk of daar groot opgewondendheid heers onder skeer landbouers na die grondberaad wat verlede week gehou is.

Suid Afrika- Van die 149 886 kommentare wat verwerk is, is die meeste (89 327 of 59,6%) gekant teen ’n grondwetlike wysiging en 60 167 of 40,14% ten gunste daarvan. Daarby was 402 of 0,27% besluiteloos.

China se vervaardigingsbedryf het die afgelope 30 jaar met meer as 20 keer toegeneem. Vervaardig vandag 80% van die wêreld se lugversorgers, 90% persoonlike rekenaars, 75% sonpanele, 70% selfone en 63% van die wêreld se skoene. Binnelanders koop 20 miljoen motors, teenoor VSA se 16 miljoen.

Die Suid-Afrikaanse regering het drukgroepe gewaarsku om nie die internasionale gemeenskap verkeerd in te lig oor die land se grondhervormingsprogram nie. .

Die gemiddelde vlak van damme wat Kaapstad van water voorsien, het tot 62 persent gestyg ná goeie reën oor die naweek.Die gemiddelde damvlak in die provinsie staan op 55 persent, teenoor 16 persent in April. Waterskaars Karoo bly steeds 'n bron van kommer.

Agri News Net ondersteun die voortbestaan van Familie boerdery. Baie boerderye word as familie-ondernemings bedryf en hierdie familieboerderye vorm die grondslag van die landbousektor. Vir 300 jaar kom Familie boerdery al in Suid Afrika.

Suid Afrikaners word net soos die res van die wereld beheer deur Sosiale media- onbegryplik om te sien hoe die jong geslag en van die ouer geslag eerste gryp na hulle Slimfone as hulle in nood is of iewers moet heen gaan en klokslag deur hulle brein herrinner word om hulle boodskappe na te gaan.

2 miljard mense is direk afhanklik van riviere vir hul drinkwater. 500 miljoen mense woon in rivierdeltas (wat weens die styging in seevlakke sink). 25% van die wêreld se kosproduksie is afhanklik van die besproeiing uit riviere. 12 miljoen ton varswatervis word jaarliks gevang vir miljoen mense.

Die primêre landboudoelwitte moet baie deeglik in aanmerking geneem word in die debat oor grondonteiening sonder vergoeding, anders al dit nie slaag nie en sal dit Suid-Afrika in ‘n onderontwikkelende land soos die meeste ander lande in Afrika laat verval,” sê Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ek

Suid Afrika -Het sowat 35 000 boere in die land, terwyl sowat 847 000 plaaswerkers op die land se plase werk.

Ons is tans besig met omvattende opname oor media in Landbou en verwante bedrywe. Ons span reis reeds die afgelope 12 maande deur Suid Afrika en ander Afrika lande en maak waardevolle inligting bymekaar. Ons pas gereeld aan by die nuwe neigings en is altyd besig met vernuwing.

NB- Laai vandag jou weergawe van AGRI NEWS NET af op jou slimfoon- Uniek, professioneel, netjies en altyd op tyd bring on jou die wereld se landbou nuus in jou hand. 24/7- Elke dag plaas ons tussen 30 en 40 nuwe landbou stories.

Ons het geen eksklusiewe berigte nie, geen maandelikse subskripsie gelde- geen Kommentare of deel opsies nie. Geen Gebruikerskodes of privaat kodes nie.  Ons deel net goeie opbouende nuus. 

Landbou is deel van die samelewing en Landbou verskaf kos aan Afrika en sy mense- daarom deel ons alles .

Kyk uit vir ons Bemarkingspan wat weekliks deur die land beweeg.

Ons nuwe media word binnekort vrygestel. Met 3 mediums in Landbou wat is daar geen medium wat jou die dekking kan gee nie.

AGRI NEWS NET- Onafhanklik  24/7 gee ons jou die nuus van Landbou van oral in die Wereld .  Geen medium in Landbou gee jou soveel dekking as Farmingportal.co.za en AGRI NEWS NET- ons nuus is vars, geen ou nuus, - Vars elke dag in jou hand. 

Elke oggend dou voor dag is ons besig om net die beste en goeie nuus te oes.
. nuus van jy kan vertrou..

26 Aug 2018
Die volledige berigte is op AGRI NEWS NET-  Hierdie is net die hooftrekke- AGRI NEWS NET- Die wereld van Landbou in jou hand , elke dag van Maandag tot Sondag bring ons jou die goeie Nuus in Landbou.

En daar jaag een Twiet van die President van Amerika al die hase uit hulle gate en sommer vroegoggend het joernaliste sommer baie om oor te skryf en verslag te doen. Hoekom het die twiet soveel reaksie uitgelok?- dit terwyl 'n tweedaagse grondberaad aan die gang is in Suid Afrika.

President Cyril Ramaphosa sê meer grond behoort aan die vinnig groeiende wildbedryf beskikbaar gestel te word. Ramaphosa het op die konferensie oor biodiversiteit in Thouyandou in Limpopo gesê daar behoort meer rolspelers in die bedryf te wees, veral uit die swart gemeenskap.

Suid Afrika- Die suiwel-industrie het ’n sterk uitvoermaand in Junie beleef. Die totale uitvoere vir die maand beloop 14 600 ton en die randwaarde daarvan is R241 miljoen.

Goeie winterreën oor het gesorg vir positiewe vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf, SATI, in die Wes-Kaap. SATI sê benewens die goeie reën, het nuwe aanplantings en nuwe kultivars meegebring dat die tafeldruifbedryf tans 'n opwaartse kurwe ervaar.

Diereprodukte het R126,6 miljard bygedra tot die totale R266 miljard van Suid-Afrika se landboubedryf.-Hoenders geslag 40 472 219 18%-Beeste en kalwers 33 315 352 24%- Melk 16 463 166 20%-Eiers 10 272 080 17%- Ander lewendehawe produkte 8 133 533 19%- Skape en bokke 7 486 776 23%.

Suikerriet in Suid Afrika se prys is nog steeds besig om te daal en staan nou op R3639.08 per ton- R207.54 minder as verlede jaar die tyd. Invoerbelasting op suiker is weer aangepas van R2.13 per kg na R2.34 per kilogram.

Suid Afrika-VRUGTE Pere R 6,43 / kg Suurlemoen R 6,64 / kg Avokado R 8,32 / kg Appels R 7,03 / kg Lemoen R 3,32 / kg Piesangs R 5,28 / kg GROENTE Spinasie R 3,19 / kg Kool R 2,13 / kg Uie R 4,31 / kg Wortels R 2,89 / kg Tamaties R 4,83 / kg Aartappels R 30,14 / 10 kg.

Swart onwikkelende boere het by die Landbouweekblad-AgriSA-grondberaad in Bela-Bela in Limpopo gesê die grootste uitdagings vir hulle om as kommersiële boer te ontwikkel is die gebrek aan fiansiering, vaardighede en bystand van die regering.

Dat die klein Blou Sosiale media voeltjie met sy TWIET die rustigheid in die vroee oggendure van die regering so kan onstel. Die Edelagbares het nog lekker gele en snork na hulle vorige aand se normale gefuif en kuier toe die voeltjie sy onstellende boodskap onverwags afgelaai het. Zapiro Cartoons.

Die Vryheidsfront Plus wil ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika ingestel hê. Die leier van die party, Pieter Groenewald sê hulle hoop op hulp van Amerika en dat die regering druk op die ANC regering sal plaas.

Baie mans in die wereld is deesdae baie behep met hulle manlikheid- of liewer die gedagte van vorstelikheid is dalk beter. Baie van hierdie mans glo dat hulle manlikheid opgesluit is in hulle weelderige baard wat versorg of onversorgd is. As dit so is, dan sit hierdie mans die pot baie ver mis.

Die Transvaalse Landbou-unie, of TLU, sê hulle is bly dat die Amerikaanse president, Donald Trump kennis geneem het van plaasmoorde en grondonteiening in Suid-Afrika.

Adjunkpresident David Mabuza het die Landbou Weekblad/Agri SA-beraad oor oplossings vir die grondvraagstuk by Bela-Bela in Limpopo geopen. Mabuza sê grondonteiening sonder vergoeding sal begin by grond wat in die besit van die staat en staatsinstansies is.

Die lyk of banke in Suid Afrika stadig maar seker besig is om ons landbouers wat finansieel nie meer die mas kan opkom nie, een vir een uit te verkoop. Grond wat in Bultfontein distrik 'n paar jaar terug R80,000 per hektaar werd is kry nie eers 'n bod vir R5,000 per hektaar nie.

Die rand het met sowat 2-persent teen die Amerikaanse dollar teruggesak hoofsaaklik weens 'n sterker dollar en ook as gevolg van swakker as verwagte verbruikersinflasiesyfers vir Julie wat tot 5-komma-1-persent gestyg het.

Dis die eerste keer in die geskiedenis van Suid Afrika wat sodiberse groep Suid-Afrikaners by-een is om die grondkwessie en oplossings te bespreek. Die grondberaad word vandag en môre op Bela-Bela in Suid Afrika aangebied. Verskeie sprekers sal optree en baie besoekers het ingeskryf.

Die onafhanklike maatskappy wat die geskrewe voorleggings oor grondonteiening sonder vergoeding verwerk het, het bevind dat 89 duisend van die 149 duisend voorleggings wat verwerk is, gekant is teen die verandering van Artikel 25 van die Grondwet.

Wetsontwerp op die nasionale minimum loon is goedgekeur en tree in werking sodra die president dit onderteken.Minimum loon van R20.00 per uur sal tot voordeel wees van die sowat 75% van landbouwerkers wat minder as R2000 per maand verdien,en 90% van huiswerkers wat minder as R3120 per maand verdien.

Afrika-leeu is gelys op Aanhangsel II van Cites. Dit beteken geen lewende leeus mag uitgevoer word nie. Suid-Afrika het egter spesiale toestemming gekry om met die skelette, tande en kopbene van geblikte leeus handel te dryf.

Die leiers van vier organisasies wat swart en wit boere in Suid-Afrika verteenwoordig, gaan ’n verklaring onderteken waarin hulle hulself verbind om as boere saam te werk en ’n toekomsplan vir die landbou uit te kerf wat die belange van alle boere in die land dien.

Suid-Afrika is ’n netto invoerder van skaapvleis, maar meer as 90% van die wol wat plaaslik geproduseer word, word uitgevoer. In 2017 op twee na die grootste woluitvoerder in terme van waarde. Vraag na wol het sedert 2007 wêreldwyd met 2% per jaar toegeneem.China se vraag na wol 4,5% per jaar meer.

Daar is tussen 6 000 en 8 000 leeus in gevangenskap in Suid-Afrika. Hulle word op 260 aanlegte (soos leeuplase) in hokke aangehou. Daar is minder as 3 000 wilde leeus in Suid-Afrika. Daar is sowat 20 000 wilde leeus in Afrika oor.

NB- Laai vandag jou weergawe van AGRI NEWS NET af op jou slimfoon- Uniek, professioneel, netjies en altyd op tyd bring on jou die wereld se landbou nuus in jou hand. 24/7- Elke dag plaas ons tussen 30 en 40 nuwe landbou stories.

Ons het geen eksklusiewe berigte nie, geen maandelikse subskripsie gelde- geen Kommentare of deel opsies nie. Geen Gebruikerskodes of privaat kodes nie.  Ons deel net goeie opbouende nuus. 

Landbou is deel van die samelewing en Landbou verskaf kos aan Afrika en sy mense- daarom deel ons alles .

Kyk uit vir ons Bemarkingspan wat weekliks deur die land beweeg.

Ons nuwe media word binnekort vrygestel. Met 3 mediums in Landbou wat is daar geen medium wat jou die dekking kan gee nie.

AGRI NEWS NET- Onafhanklik  24/7 gee ons jou die nuus van Landbou van oral in die Wereld .  Geen medium in Landbou gee jou soveel dekking as Farmingportal.co.za en AGRI NEWS NET- ons nuus is vars, geen ou nuus, - Vars elke dag in jou hand. 

Elke oggend dou voor dag is ons besig om net die beste en goeie nuus te oes.
. nuus van jy kan vertrou..

22 Aug 2018
Die volledige berigte is op AGRI NEWS NET-  Hierdie is net die hooftrekke- AGRI NEWS NET- Die wereld van Landbou in jou hand , elke dag van Maandag tot Sondag bring ons jou die goeie Nuus in Landbou.

President Cyril Ramaphosa sal vanmiddag meer duidelikheid moet verskaf oor die regering se standpunt oor onteiening sonder vergoeding. Hy beantwoord vandag parlementslede se vrae in die Parlement.

Studies van Duitsland en die Verenigde Koninkryk het bewys dat TELEMATICS in ’n stroper die boer se beskikbare oestyd met tot 7% kan vermeerder, die deurset met tot 10% kan verbeter, die verliese met tot 0,5% kan verminder en tot drie oesdae per seisoen kan bespaar.

As boere se grond onteien word, sal hulle ingevolge huidige wetgewing en regulasies steeds aanspreeklik wees vir skuld wat hulle aangegaan het, sê mnr. Dawie Maree, hoof van bemarking en inligting by FNB se landbouafdeling-

Damvlakke in Kaapstad se opvangsgebied het vir die eerste keer sedert 2016 'n gemiddelde vlak van 60% bereik. Kaapstad kry sy water van ses damme: die Bergriver-, die Boonste en Laer Steenbras-, die Theewaterkloof ( 44%)-, Voëlvlei- en Wemmershoekdamme.

Mens vind dit al moeiliker om artikels te lees op die Internet veral omdat dit besmet is met ongevraagde "Google Ads" wat oral opspring en jou aandag elke keer wegneem. Dit is steurend en veroorsaak dat mens sekere nuus webblaaie vermy. Maatskappye wat hiervan gebruik maak moet twee maal dink.\

Die AGRI NEWS NET span is tans in die Oos Vrystaat en later oppad Suid Vrystaat toe. Koring aanplantings in die gebied lyk baie mooi en landbouers is vol moed vir 'n goeie koringseisoen. Die stroopproses van somergraan gewasse is feitlik voltooi en lande word voorberei vir die nuwe seisoen.

Suid Afrika se nasionale melkkoeikudde uit sowat 1,3 miljoen koeie met sowat 50% daarvan in produksie. Die land se getal melkprodusente het tussen 2012 en 2016 met 32% afgeneem.Totale suiwel-invoer vir Junie staan op 5 600 ton met ’n randwaarde van R204 miljoen

Letterlik honderde duisende skriftelike voorleggings is deur die regering van Suid Afrika ontvang oor die voorgestelde grondonteiening en moet nou deur gewerk word deur die komitee wat so pas die voorleggings dwarsoor Suid Afrika aangehoor het.

Suid Afrika se somergraanprodusente het 2 jaar agtermekaar rekord oeste gelewer- en dit na een van die ergste droogtejare (2015/16) in die geskiedenis van Suid Afrika- en dit kan weer gebeur- nie soos in ander landbou media's reeds voorspraak gemaak word vir 'n swak seisoen nie.

Die parlement van die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis het in Sydney eenparig ’n mosie aanvaar wat onteiening van grond sonder vergoeding in Suid-Afrika teenstaan.

NB- Laai vandag jou weergawe van AGRI NEWS NET af op jou slimfoon- Uniek, professioneel, netjies en altyd op tyd bring on jou die wereld se landbou nuus in jou hand. 24/7- Elke dag plaas ons tussen 30 en 40 nuwe landbou stories.

Ons het geen eksklusiewe berigte nie, geen maandelikse subskripsie gelde- geen Kommentare of deel opsies nie. Geen Gebruikerskodes of privaat kodes nie.  Ons deel net goeie opbouende nuus. 

Landbou is deel van die samelewing en Landbou verskaf kos aan Afrika en sy mense- daarom deel ons alles .

Kyk uit vir ons Bemarkingspan wat weekliks deur die land beweeg.

Ons nuwe media word binnekort vrygestel. Met 3 mediums in Landbou wat is daar geen medium wat jou die dekking kan gee nie.

AGRI NEWS NET- Onafhanklik  24/7 gee ons jou die nuus van Landbou van oral in die Wereld .  Geen medium in Landbou gee jou soveel dekking as Farmingportal.co.za en AGRI NEWS NET- ons nuus is vars, geen ou nuus, - Vars elke dag in jou hand. 

Elke oggend dou voor dag is ons besig om net die beste en goeie nuus te oes.
. nuus van jy kan vertrou..

19 Aug 2018
Die volledige berigte is op AGRI NEWS NET-  Hierdie is net die hooftrekke- AGRI NEWS NET- Die wereld van Landbou in jou hand , elke dag van Maandag tot Sondag bring ons jou die goeie Nuus in Landbou.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê nog gure kan verwag word gedurende die seisoensoorgang. 'n Hoëdrukstelsel veroorsaak dié naweek se kouer weerstoestande wat reën vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal kan meebring. Temperature sal aanstaande week weer styg.

Voedselsekerheid in die wereld word oor die algemeen bedreig deur konflik tussen lande of hulle eie mense, eiendomsreg asook droogtes en verspoelings. Arrogansie,selfwaan en mag was nog altyd die ondergang van die meeste leiers en politieke leiers dwarsoor die wereld. ( Lees hierdie berig op AGRI NEWS NET volledig) 

Twee wildplase in Limpopo is die eerste eiendomme wat summier onteien is sonder ’n hofproses, en die afgelope week is nóg twee finale bevele oor onteiening onderteken. Die eienaars van die twee wildplase is vroeër vanjaar al R20 miljoen aangebied terwyl hulle R200 miljoen wil hê.

Op die Varsprodukte markte in Suid Afrika verkoop tamaties vir R5.57 per kg, Aartappels R2.92 per kg, Uie R4.85 per kg, Wortels R3.72, Kool R2.52 per kg, Appels, R7.82 per kg, Avo's R9.02 per kg, Piesangs R6,27, Mangoes, R10.58 per kg, Druiwe R40.46 per kg en Pere R35,68 per kg. FNB

Landbouers staan elk verbaas oor alles wat in die media geskryf word oor grondonteiening en wat politieke leiers kwyt raak. Meeste van al hierdie stories het eintlik geen substansie nie, maar landbou en sy mense moet gedurig daarop reageer omdat dit nie gesien kan word as aanvaarding nie.

Terwyl die Hollanders 'n drywende melkstal bou wat deur robotte beheer gaan word, sing Suid Afrika se regering ' n ander deuntjie en wil weer begin met hulle grond grote van 12 000 hektaar per landbouer. Die regering moet sy beleid duidelik formuleer want daar is geen beleid nie.

Volstruisleer gaan 'n kritiese gedeelte van die volstruisbesigheid word. Daar tans 'n effense afplatting in die vraag na leer, maar steeds 'n wakker aanvraag na leer van goeie kwaliteit, spesifiek premium- en graad 1-velle.

Dit het die afgelope 24 uur heerlik gereen oor groot dele van die Wes Kaap- Die Paarl 20mm gemeet,Sir Lowrys pas 18mm,Strand 18mm, Wellington 7 mm, Montaqu 9 mm.Mosselbaai en Aston het ook 8 mm gemeet. Kleimond 21 mm reen gehad en Bellville 7. Die sneeu is op die berge.

Grondhervorming is een van die hoofonderwerpe by die bekendstelling van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid se jaarlikse verslag oor die landboubedryf by 'n hotel in Somerset-Wes.

Ons AGRI NEWS NET span was onlangs in die Oos Kaap waar dit baie droog is en daar feitlik geen voer is meer nie. 35Kommersiële en 34 opkomende boere in die Oudtshoornomgewing in Maart vanjaar droogtehulp van R606 696 ontvang het. ’n Verdere R1 miljoen is in Julie vanjaar uitbetaal.

Die Australiese buro vir meteorologie het teen middel Augustus aangedui dat die onderskeie weerstelsels wat hy vir sy verslae oor die Enso- (El Niño Suidelike Ossillasie) indeks bestudeer, steeds dui op ’n kans dat ’n El Niño-stelsel sal ontwikkel

Vanaf Januarie tot Desember 2017 is 18,6 miljoen 10kg sakkies meer (19%) op die nasionale varsproduktemarkte verkoop as die ooreenstemmende tydperk in 2016. Markpryse was 26% laer vir die periode.

Indien ’n eienaar van grond enige inligting of dreigemente ontvang wat dui op ’n moontlike grondbesetting, moet hy dit dadelik by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en strukture van georganiseerde landbou rapporteer.

Agri News Net se span is tans in Kwa-zulu Natal en dele van die Oos Vrystaat.Dit het lekker gereen om plekke in die gebiede en landbouers is besig om klaar te maak met die insameling van die mielieoeste.Die Oos Vrystaat se jong Koring aanplantings lyk baie goed en ons hoop dit kry lekker lente reen.

Die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, het die regering gewaarsku om nie die landbousektor as sondebok te gebruik nie, vir wat hy bestempel het as die regering se mislukkings. Wit kommersiële boere het by `n tweedaagse kongres in Bloemfontein die grondkwessie bespreek.

Wynboere in Suid Afrika kry vir wyndruiwe R1800 per ton. Daar is sowat 650 Liter sap in 'n ton druiwe. Dit is sowat 860 bottels wyn teen R60 per bottel. Dit is meer as R50 000 waarvan die boer slegs R1800 kry. Die boer kry minder as R3 van daardie R60 bottel wyn.'

Daar is baie geleenthede in Landbou en veral as dit kom by die verskaffing van 'n bekostigbare protein. Kwartel boerdery is nie baie bekend nie en ook nie, as dis om ge-eet te word nie. Maar in Suid Afrika is hele paar privaat persone wat met die klein voeltjies boer.

Die tyd het aangebreek dat die regering van die dag sy aksies van self- gewettigde gronddiefstal moet herbesin, aangesien hul daardeur net slaag om emosies by almal op te sweep. Ondanks verskeie werkbare voorstelle in die verlede, het die regering nou eerder besluit om grond wettig te steel.

NB- Laai vandag jou weergawe van AGRI NEWS NET af op jou slimfoon- Uniek, professioneel, netjies en altyd op tyd bring on jou die wereld se landbou nuus in jou hand. 24/7- Elke dag plaas ons tussen 30 en 40 nuwe landbou stories.

Ons het geen eksklusiewe berigte nie, geen maandelikse subskripsie gelde- geen Kommentare of deel opsies nie. Geen Gebruikerskodes of privaat kodes nie.  Ons deel net goeie opbouende nuus. 

Landbou is deel van die samelewing en Landbou verskaf kos aan Afrika en sy mense- daarom deel ons alles .

Kyk uit vir ons Bemarkingspan wat weekliks deur die land beweeg.

Ons nuwe media word binnekort vrygestel. Met 3 mediums in Landbou wat is daar geen medium wat jou die dekking kan gee nie.

AGRI NEWS NET- Onafhanklik  24/7 gee ons jou die nuus van Landbou van oral in die Wereld .  Geen medium in Landbou gee jou soveel dekking as Farmingportal.co.za en AGRI NEWS NET- ons nuus is vars, geen ou nuus, - Vars elke dag in jou hand. 

Elke oggend dou voor dag is ons besig om net die beste en goeie nuus te oes.
. nuus van jy kan vertrou..

Twee wildplase in Limpopo is die eerste eiendomme wat summier onteien is sonder ’n hofproses, en die afgelope week is nóg twee finale bevele oor onteiening onderteken. Die eienaars van die twee wildplase is vroeër vanjaar al R20 miljoen aangebied terwyl hulle R200 miljoen wil hê.
15 Aug 2018
Die volledige berigte is op AGRI NEWS NET-  Hierdie is net die hooftrekke- AGRI NEWS NET- Die wereld van Landbou in jou hand , elke dag van Maandag tot Sondag bring ons jou die goeie Nuus in Landbou.

Voedselsekerheid in die wereld word oor die algemeen bedreig deur konflik tussen lande of hulle eie mense, eiendomsreg asook droogtes en verspoelings. Arrogansie,selfwaan en mag was nog altyd die ondergang van die meeste leiers en politieke leiers dwarsoor die wereld. ( Lees die volledige berig op AGRI NEWS NET) 

Die humanitêre organisasie Gift of the Givers sal vandag veevoer uitdeel aan boere by Mosselbaai in die droogtegeteisterde Suid-Kaap. Die organisasie was verlede maand ook in die streek en het 110 bale veevoer aan 15 boere uitgedeel.

Die ANC het alle lede van die parlement versoek wat by die moontlike wysigings aan die artikel 25 van die Grondwet betrek word, om seker te maak dat hulle die insette van die publiek met omsigtigheid hanteer.

Suid Afrika -Graanprodusente kla al hoe meer oor trekkerpryse wat styg en heeltemal te duur raak. Onder andere word daar beweer dat trekkerpryse oor tyd heelwat vinniger toegeneem het as dié van vragmotors.

Roomys is nog altyd baie mense se gunsteling nagereg. Dit neem sowat 50 lekke om 'n enkelskeppie-cone op te eet. Een porsie Magnum-roomys bevat minder vet as 'n gemiddelde sjokolade-stafie. Roomys maak jou gelukkig deur die 'plesier-sones' in die brein te prikkel

Die departement van Energie sal die parlement se portefeuljekomitee oor Energie vandag oor die brandstofprys inlig. Suid-Afrikaners is sedert die begin van die jaar deur herhaalde brandstofprysverhogings getref.

Die suiwel-industrie het ’n sterk uitvoermaand in Junie beleef. Die totale uitvoere vir die maand beloop 14 600 ton en die randwaarde daarvan is R241 miljoen. Die uitvoere bestaan hoofsaaklik uit langlewemelk 38% (5,1 miljoen kg), melkpoeier en ingedampte melk 31%, jogurt 12% en kaas 7%.

Soos gewoonlik is die media in Suid Afrika besig om die verklaring van Agri SA aangaande die lys van voornemende plase en die publikasie deur Afriforum van die sogenaamde 139 plase te gebruik om gemoedere tussen die twee partye te versuur en daardeur soos gewoonlik sensasie te bevorder. ( Lees die volledige berig op ANN.) 

Agri News Net ondersteun die voortbestaan van Familie boerdery. Baie boerderye word as familie-ondernemings bedryf en hierdie familieboerderye vorm die grondslag van die landbousektor. Vir 300 jaar kom Familie boerdery al in Suid Afrika.

Agri SA bevraagteken die status en inhoud van die uitgelekte lys van plase wat na bewering vir onteiening sonder vergoeding geoormerk is. Dié lys is die naweek bekendgemaak en het tot paniek onder grondeienaars gelei.

Vars heuning al die pad van Kwa Zulu Natal-so se die "label" op die plastiese houer. Die foto wys 'n swart laag wat bo in heuning gevorm het en verder af wissel die kleure ook. Dis die gemors wat in Suid Afrika vir verbruikers aangebied word as heuning en deur supermarkte verkoop word.

Die Suid-Afrikaanse regering en staatsondernemings leen geld om salarisse te betaal. Dis soos ’n onderneming wat geld leen om lopende uitgawes te betaal. Die staat se skuld verhoog na byna 67% en word daagliks meer en meer.

Die rand het vir ’n oomblik tot so laag as R15,41 teenoor die dollar gesak vanoggend. Dit is die laagste vlak die afgelope twee jaar. Dit het laas in Junie 2016 bo dié vlak verhandel. Die rand het teen 06:30 weer teruggesak tot R14,76 teenoor die dollar.

Die prys van mielies is nie meer R2000 per ton wat reeds gestroop is en iewers opgeberg is nie. - Maar die Supermarkte in Suid Afrika verkoop nog steeds meel vir R8.00 per kilogram- Enorme R8000.00 per ton. Suid Afrika se verbruikers moet wakker word en ophou om die pryse te betaal.

Die regering en die agbare President is besig om kat en muis te speel met die media asook met landbou in Suid Afrika- Die media is vol spekulasie en verskeie organisasies dring aan op die vrystelling van die sogenaamde 139 plase wat die regering op beslag wil le.

Wanneer jy so tussen geharde en gesoute beesboere beweeg en luister na hulle verduidelikings en waarnemings dan besef jy eers met watter passie en liefde hierdie mense hulle kuddes bestudeer en aanpas om net die beste kalwers te produseer.

Suid Afrika- Die uitwerking van die BTW-vrystellings kan soos volg wees: R2,5 miljard se belastingverligting uit witbrood, witbroodmeel en koekmeel, waarvan R1,8 miljard armes sal bevoordeel; R621 miljoen vir skoolklere, waarvan R412 miljoen vir armes verligting sal bied;

Lede van die Native Tribal Indigenous-beweging, wat verskeie tradisionele leiers van verskillende provinsies insluit, dreig om as party in die algemene verkiesing in 2019 te staan indien die regering nie behoorlike samesprekings met hulle oor grondonteiening sonder vergoeding voer nie.

Baie mans in die wereld is deesdae baie behep met hulle manlikheid- of liewer die gedagte van vorstelikheid is dalk beter. Baie van hierdie mans glo dat hulle manlikheid opgesluit is in hulle weelderige baard wat versorg of onversorgd is. As dit so is, dan sit hierdie mans die pot baie ver mis.

NB- Laai vandag jou weergawe van AGRI NEWS NET af op jou slimfoon- Uniek, professioneel, netjies en altyd op tyd bring on jou die wereld se landbou nuus in jou hand. 24/7- Elke dag plaas ons tussen 30 en 40 nuwe landbou stories.

Ons het geen eksklusiewe berigte nie, geen maandelikse subskripsie gelde- geen Kommentare of deel opsies nie. Geen Gebruikerskodes of privaat kodes nie. 

.

Page 1 of 34